Wolf in bakkie-kleure
Eentonbakkies is mos net werkesels wat ook partykeer as luukse daaglikse vervoer ingespan word.
Maar is daar dalk ‘n eentonbakkie wat ‘n werkesel is, wat ‘n luukse vervoermiddel is en wat ook ‘n renbakkie is?
‘n Renbakkie?
Ontmoet ‘n baie spesiale 180 kW-Ford Ranger Supercab 4000i V6…

Die duiweltjie op die skouer.
Dis nou die een wat in jou oor fluister en sê: “Vergeet van die spietkops. Gee hom gas, boet!”
Daardie einste duiweltjie het die ander aand op een van die WIEL-spanlede se skouer gekuier.
En daardie woorde gefluister. Nee, geskreeu.
Die voertuig was nie ‘n supersedan nie. Dit was nog minder ‘n sportmotor of ‘n blitsbuks.
Dit was ‘n groot 4×4-bakkie. En die oomblik toe die duiweltjie fluister, was die versoeking eenvoudig te groot… en die man agter die stuur van die Ford Ranger Supercab 4000i V6 het ingegee. Hy moes darem voel.
SAC Nissan Hardbody
Maar die duiweltjie had ‘n plan. Een van sy maters het op die skouer van ‘n ander bestuurder gesit en dieselfe woorde geskree.
Die ander ou was in ‘n haastige blitsbuks, een met ‘n vet uitlaatpyp en ‘n brom wat waarsku dat jy nie sommer moet skoorsoek nie.
Die resultaat was ‘n bakkie en ‘n blitsbuks wat mekaar by die verkeerslig geskraap het.
‘n Lang opdraande met ‘n paar nou draaie het voorgelˆ.
Die ren was aan! Met die wegtrekslag het die bakkie ‘n paar duur, swart strepe op die teer agtergelaat.
Die blitsbuks het gegrom, maar die bakkie was voor.
SAC Nissan Hardbody
Los voor. Die blitsbuks-bestuurder het sy bes gedoen, maar het aan die bakkie se uitlaatgasse verstik.
By die volgende robot aangekom, en met die duiweltjie wat vir eers die hasepad gekies het, ry die Ford-man toe weer besadig. Die blitsbuksman het langs die bakkie ingetrek en het wild met die arms beduie. “Watse enjin het jy daar binne-in?” het hy na die Ford-man se kant toe geroep. “Dis ‘n V6-enjin, maar hy’t so bietjie ekstra woema,” het die WIEL-man geantwoord. “Liewe aarde, maar hy loop!” het die blitsbuksvrind geglimlag.
Om egter te sˆ dat hierdie Ford Ranger loop, is soos om te sˆ Charlise Theron is nie te lelik nie. Hoe klink ‘n ware topspoed van 199,7 km/h en ‘n versneltyd van 0 tot 100 km/h van net 10,17 sekondes?
Ontmoet Steves Auto Clinic (SAC), ‘n maatskappy wat daarin spesialiseer om ekstra perde uit enjins te toor, en hul warmgemaakte weergawe van wat reeds die kragtigste standaardbakkie op Suid-Afrika se paaie is: die 180 kW-Ford Ranger Supercab 4000i V6.
Volgens Stephen Fischer, grootbaas van SAC, was die idee agter die Ranger-ombouing eenvoudig: om ‘n haastige en brandstofdoeltreffende ryding te skep wat ook 400 000 km sonder pro-bleme kan haal.
Die standaard-154 kW-enjin is goed bewerk om die ekstra perde op te dis. Eerstens is die si-linderkop spesiaal gegasvloei vir optimale verrigting. Daarna is ‘n Wildcat-inlaatspruitstuk, ‘n ho‰verrigting-uitlaat-stelsel en ‘n Sportflo-lugfilter aangebring, terwyl die enjin se elektronika nou deur ‘n Unichip-inpropstel beheer word. Laastens is die standaard-170 km/h-spoedbeperker verwyder – en nou haal hierdie vuurvreter ‘n hele 200 km/h!
Fischer vertel dat SAC waarskynlik nog so 20 kW uit die enjin sou kon wurm, maar dat die bakkie dan in ‘n renmotor sou ontaard – en die doel was immers om ‘n heerlike sleep- en toertuig te skep, eerder as ‘n doelgeboude straatvegter.
Nog goeie nuus is dat die ekstra perde jou nie armer gaan maak wat petrolverbruik betref nie. Die SAC-bakkie het gemiddeld 14,7 liter/100 km gedrink, teenoor die 14,6 van die dubbelkajuit-Ranger V6 wat WIEL in Julie onder hande gehad het. Die SAC-Ford is boonop aansienlik harder gery as die dubbelkajuit, want met al daardie perde wat so deur die Wildcat-uitlaatstelsel runnik, is die Ranger soos ‘n wilde dier in ‘n hok – jy moet hom darem so nou en dan vrye teuels gee. En dis so lekker.
Die woema-Ranger se remme is nie aangepas nie, maar buiten nou as jy beplan om die Ford op die renbaan te ry, bied die standaard-remstelsel uiters goeie stopkrag, selfs vanaf ho‰ snelhede. Die grootste probleem met die SAC-bakkie is sy standaard-bande.
Die Goodyears is doelontwerp vir ‘n 4×4-eentonbakkie, en nie vir ‘n 200 km/h-woemawa nie. As jy van plan is om heeldag teen 200 km/h in jou SAC-Ranger te jaag, kan jy wel probleme met die bande optel.
Volgens SAC kan Ranger V6-eienaars hul eie topspoedbeperking kies – of dit nou 120 of 200 km/h is. Ons reken daardie oorspronklike 170 km/h-beperker is waarskynlik die beste opsie.
‘n Wolf in bakkiekleure. D¡s die SAC-Ranger. Hy spring soos ‘n sportmotor, klink soos ‘n renmotor, kan ‘n eentonvrag lag-lag dra, hy’s ‘n volwaardige 4×4, en hy’s luuks. Maar een van sy beste – en lekkerste – eienskappe is die feit dat hy, wel, net soos enige ander Ford Ranger Supercab lyk.
En d¡t krap die niksvermoedende ouens in die warm buksies en selfs groter sportiewe motors lelik om, wat dit lyk soos ‘n “doodgewone” eentonbakkie wat hulle op hul neuse laat kyk. Hulle sal veel eerder verkies om aan ‘n Subaru Impreza STi of BMW M3 se petroldampe te kug…

 FEITE EN SYFERS:
SAC-Ford Ranger Supercab 4000i V6
VOERTUIG:
Tipe Tweedeur-bakkie met verlengde kajuit
ENJIN:
Tipe V6, 4 009 cc
Krag 
Ongveer 180 kW
Wringkrag 
Ongeveer 380 Nm
Ombouings 
Gasgevloeide silinderkop, Wildcat-inlaatspruitstuk- en vryvloei-uitlaatstelsel, hoê verrigting- Sportflo-lugfilter, Unichip-inpropstel
PRYS:
R269 340 basies, plus R14 000 vir SAC-ombouing
VERRIGTING:
0-60 km/h 4,19 s
0-80 km/h 
6,69 s
0-100 km/h 
10,27 s
0-120 km/h 
14,63 s
0-400 m
 17,15 s (129,5 km/h)
0-1 000 m 
31,77 s (163,7 km/h)
60-100 km/h (4de rat) 
10,53 s
80-120 km/h (5de rat)
 17,61 s
Topsnelhede
Eerste rat 
59,6 km/h
Tweede rat 
95,9 km/h
Derde rat 
151,7 km/h
Vierde rat 
190,2 km/h
Vyfde rat 
199,7 km/h