SOUTH AFRICA'S LEADING PETROL & DIESEL PERFORMANCE ENHANCEMENT SPECIALISTS
SEARCH THE SAC SITE
ENQUIRIES HOME
 

ROADTESTS

SAC Ford Ranger Supercab 4,0i V6

Contact SAC for Conversions on your vehicle

Magazine
October 2004
- Wolf in bakkie-kleure -
Eentonbakkies is mos net werkesels wat ook partykeer as luukse daaglikse vervoer ingespan word.  
Maar is daar dalk 'n eentonbakkie wat 'n werkesel is, wat 'n luukse vervoermiddel is en wat ook 'n renbakkie is?
'n Renbakkie?
Ontmoet 'n baie spesiale 180 kW-Ford Ranger Supercab 4000i V6...
Die duiweltjie op die skouer.
Dis nou die een wat in jou oor fluister en sê: "Vergeet van die spietkops. Gee hom gas, boet!"
Daardie einste duiweltjie het die ander aand op een van die WIEL-spanlede se skouer gekuier.
En daardie woorde gefluister. Nee, geskreeu.
Die voertuig was nie 'n supersedan nie. Dit was nog minder 'n sportmotor of 'n blitsbuks.
Dit was 'n groot 4x4-bakkie. En die oomblik toe die duiweltjie fluister, was die versoeking eenvoudig te groot... en die man agter die stuur van die Ford Ranger Supercab 4000i V6 het ingegee. Hy moes darem voel.
SAC Nissan Hardbody
Maar die duiweltjie had 'n plan. Een van sy maters het op die skouer van 'n ander bestuurder gesit en dieselfe woorde geskree.
Die ander ou was in 'n haastige blitsbuks, een met 'n vet uitlaatpyp en 'n brom wat waarsku dat jy nie sommer moet skoorsoek nie.
Die resultaat was 'n bakkie en 'n blitsbuks wat mekaar by die verkeerslig geskraap het.
'n Lang opdraande met 'n paar nou draaie het voorgelˆ.
Die ren was aan! Met die wegtrekslag het die bakkie 'n paar duur, swart strepe op die teer agtergelaat.
Die blitsbuks het gegrom, maar die bakkie was voor.
SAC Nissan Hardbody
Los voor. Die blitsbuks-bestuurder het sy bes gedoen, maar het aan die bakkie se uitlaatgasse verstik.
By die volgende robot aangekom, en met die duiweltjie wat vir eers die hasepad gekies het, ry die Ford-man toe weer besadig. Die blitsbuksman het langs die bakkie ingetrek en het wild met die arms beduie. "Watse enjin het jy daar binne-in?" het hy na die Ford-man se kant toe geroep. "Dis 'n V6-enjin, maar hy't so bietjie ekstra woema," het die WIEL-man geantwoord. "Liewe aarde, maar hy loop!" het die blitsbuksvrind geglimlag.
Om egter te sˆ dat hierdie Ford Ranger loop, is soos om te sˆ Charlise Theron is nie te lelik nie. Hoe klink 'n ware topspoed van 199,7 km/h en 'n versneltyd van 0 tot 100 km/h van net 10,17 sekondes?
Ontmoet Steves Auto Clinic (SAC), 'n maatskappy wat daarin spesialiseer om ekstra perde uit enjins te toor, en hul warmgemaakte weergawe van wat reeds die kragtigste standaardbakkie op Suid-Afrika se paaie is: die 180 kW-Ford Ranger Supercab 4000i V6.
Volgens Stephen Fischer, grootbaas van SAC, was die idee agter die Ranger-ombouing eenvoudig: om 'n haastige en brandstofdoeltreffende ryding te skep wat ook 400 000 km sonder pro-bleme kan haal.
Die standaard-154 kW-enjin is goed bewerk om die ekstra perde op te dis. Eerstens is die si-linderkop spesiaal gegasvloei vir optimale verrigting. Daarna is 'n Wildcat-inlaatspruitstuk, 'n ho‰verrigting-uitlaat-stelsel en 'n Sportflo-lugfilter aangebring, terwyl die enjin se elektronika nou deur 'n Unichip-inpropstel beheer word. Laastens is die standaard-170 km/h-spoedbeperker verwyder - en nou haal hierdie vuurvreter 'n hele 200 km/h!
Fischer vertel dat SAC waarskynlik nog so 20 kW uit die enjin sou kon wurm, maar dat die bakkie dan in 'n renmotor sou ontaard - en die doel was immers om 'n heerlike sleep- en toertuig te skep, eerder as 'n doelgeboude straatvegter.
Nog goeie nuus is dat die ekstra perde jou nie armer gaan maak wat petrolverbruik betref nie. Die SAC-bakkie het gemiddeld 14,7 liter/100 km gedrink, teenoor die 14,6 van die dubbelkajuit-Ranger V6 wat WIEL in Julie onder hande gehad het. Die SAC-Ford is boonop aansienlik harder gery as die dubbelkajuit, want met al daardie perde wat so deur die Wildcat-uitlaatstelsel runnik, is die Ranger soos 'n wilde dier in 'n hok - jy moet hom darem so nou en dan vrye teuels gee. En dis so lekker.
Die woema-Ranger se remme is nie aangepas nie, maar buiten nou as jy beplan om die Ford op die renbaan te ry, bied die standaard-remstelsel uiters goeie stopkrag, selfs vanaf ho‰ snelhede. Die grootste probleem met die SAC-bakkie is sy standaard-bande.
Die Goodyears is doelontwerp vir 'n 4x4-eentonbakkie, en nie vir 'n 200 km/h-woemawa nie. As jy van plan is om heeldag teen 200 km/h in jou SAC-Ranger te jaag, kan jy wel probleme met die bande optel.
Volgens SAC kan Ranger V6-eienaars hul eie topspoedbeperking kies - of dit nou 120 of 200 km/h is. Ons reken daardie oorspronklike 170 km/h-beperker is waarskynlik die beste opsie.
'n Wolf in bakkiekleure. D¡s die SAC-Ranger. Hy spring soos 'n sportmotor, klink soos 'n renmotor, kan 'n eentonvrag lag-lag dra, hy's 'n volwaardige 4x4, en hy's luuks. Maar een van sy beste - en lekkerste - eienskappe is die feit dat hy, wel, net soos enige ander Ford Ranger Supercab lyk.
En d¡t krap die niksvermoedende ouens in die warm buksies en selfs groter sportiewe motors lelik om, wat dit lyk soos 'n "doodgewone" eentonbakkie wat hulle op hul neuse laat kyk. Hulle sal veel eerder verkies om aan 'n Subaru Impreza STi of BMW M3 se petroldampe te kug...
 FEITE EN SYFERS:
SAC-Ford Ranger Supercab 4000i V6
VOERTUIG:
Tipe Tweedeur-bakkie met verlengde kajuit
ENJIN:
Tipe V6, 4 009 cc
Krag
Ongveer 180 kW
Wringkrag
Ongeveer 380 Nm
Ombouings
Gasgevloeide silinderkop, Wildcat-inlaatspruitstuk- en vryvloei-uitlaatstelsel, hoê verrigting- Sportflo-lugfilter, Unichip-inpropstel
PRYS:
R269 340 basies, plus R14 000 vir SAC-ombouing
VERRIGTING:
0-60 km/h 4,19 s
0-80 km/h
6,69 s
0-100 km/h
10,27 s
0-120 km/h
14,63 s
0-400 m
17,15 s (129,5 km/h)
0-1 000 m
31,77 s (163,7 km/h)
60-100 km/h (4de rat)
10,53 s
80-120 km/h (5de rat)
17,61 s
Topsnelhede
Eerste rat
59,6 km/h
Tweede rat
95,9 km/h
Derde rat
151,7 km/h
Vierde rat
190,2 km/h
Vyfde rat
199,7 km/h

Click here for more about our conversions

Contact us

Performance / power conversions, modifications, engine upgrades available for Alfa, Audi, BMW, Chev, Chrysler, Colt, Ford, Honda, Hyundai, Isuzu, Jeep, Kia, Mazda, Mercedes, Mini, Nissan, Opel, Toyota, VolksWagen and more...
 
 
WHAT'S NEW !
 
Automobile Association SAC "Why Worry Warranty"
RECOMMEND THIS WEBSITE
 
 
The Cylinder Head -  
The most important area to consider by the serious tuner...
 
Tuning with unbeatable Technology
 
What do the experts have to say?
PRESS RELEASE
Steve’s Auto Clinic and Motorite Insurance Administrators have come up with a solution to the warranty issues...
READ MORE...
 
What is an Intercooler & How does it work?
 
AIRFILTERS
Sportflo performance airfilters are available for most popular South African vehicles and the range is growing fast !
VIEW RANGE...
 
Performance Valves...
 
Sportflo Performance Air Filters Automotive performance accessories, components, replacement spare parts, aftermarket spares
 
A properly tuned vehicle results in efficient fuel consumption, petrol / diesel savings...
 
SAC branches countrywide
Send us your details by clicking here and we will contact you, either by phone or email.
Click Here ....... Click Here ....... Click Here
 
<< SAC ROADTESTS SAC CONVERSIONS >> POPULAR PETROL CONVERSIONS >> Conversions for New Releases! >>
Click here to read more about the "Why Worry Warranty"
Top of Page AUTOMOTIVE Services SAC CONVERSIONS WHAT'S NEW About Us Resources Home
* All Test Figures displayed on this website were obtained at Highveld altitude. These figures may differ from vehicle to vehicle.
The power figures have been corrected back to flywheel power.
Copyright © Steves Auto Clinic
Steves Auto Clinic Privacy Policy
* All manufacturer's names, numbers, symbols & descriptions are for reference purposes only.
It is not implied that any part, conversion or modification is the product of these manufacturers.
 
Steves Auto Clinic are South Africa's leading performance tuners for motorcars, 4x4s, SUVs & bakkies
Automotive Performance Tuning | Petrol & Turbo Diesel Specialists | More Power
 
AUTOMOTIVE SERVICES
Service & Maintenance Performance Exhausts Dyna / Dyno Tuning Performance Airfilters Performance Shocks
· Choosing your Repair Shop
· SAC Workshops
· SAC Service Packages
· Preventative Maintenance
· Budgeting & Planning
· Engine Rebuilding
· Turbo Repairs / Replacement
· Gearbox Repairs
· Engine Protection Units
· Fuel Injector Refurbishing
· The Ultimate in Technology
· Exhaust Magic at SAC
· Catalytic Converters
· Wildcat Exhausts
· Exhaust Branch Catalogue
· Exhaust Gas Temperature
· What Temperature is Safe?
· What can affect the EGT?
· Guide to 4x4 - EGT
· Performance Measurement · Airfilter Design
· Sportflo Accessories
· Why foam is best
· Important useful information
· Airfilter Maintenance
· Available Airfilters
· Sportflo Warranty
· Cold Air Intake systems
· Koni Shock Absorbers
· Koni Off Road / 4x4 Shocks
· Koni Racing Research
Performance Valves Performance Brakes
· Refurbished Valves
· Replacement Valves
· Custom Valves
· Racing Valves
· Printout blank template
· Ferodo Brake Pads
· Ferodo Racing Brake Pads
· Racing Brake Fluid
· DSPF & DS2500 Disc-Rotors
SAC CONVERSIONS WHAT'S NEW!
Unichip Tuning Chip U-Connect - Plug 'n Play Cylinder Head Conversions Intercooler Systems
· What's New - Jeep
· What's New - Toyota
· What's New - Ford
· What's New - Volkswagen
· What's New - Land Rover
· What's New - Isuzu
· Tuning with Technology
· Uni Q Chip Features
· Unichip FAQ's
· Popular Unichip Conversions
· Power & Torque Gains
· Uni Q Chip Features
· Plug 'n Play FAQ's
· Popular Diesel Conversions
· Power & Torque Gains
· Gas Flowed Cylinder Heads
· Conversions for Enthusiasts
· Heads for Bikes & Quads
· Diesel Head Conversions
· SAC Power Strategy
· Performance Valves
· Popular Diesel Conversions
· Popular Petrol Conversions
· What is a Intercooler?
· The Intercooler & Reliability
· Intercooler Advantages
· Why a SAC fitment centre?
· Popular Diesel Conversions
· Power & Torque Gains
· Popular Conversions
ABOUT SAC ROAD TESTS CONTACT SAC
· SAC Evolution
· Firm Principles
· Road to Success
· Just follow the leaders
· Born To Perform
· SAC's Unique Benefits
· SAC's Mission
· Taking Hands
· SAC Franchises
· SAC Power Strategy
· Latest SAC Roadtest
· SAC Press Releases
· SAC News & Tips

· SAC News & Articles
· SAC Link Directory
· SAC Bloemfontein
· SAC Boksburg
· SAC Cape Town
· SAC Centurion
· SAC Durban
· SAC Midrand
· SAC Nelspruit
· SAC Port Elizabeth
· SAC Vanderbijlpark
Steves Auto Clinic Facebook | Steves Auto Clinic Twitter | Steves Auto Clinic Youtube | Steves Auto Clinic Pinterest | Steves Auto Clinic LinkedIn