SOUTH AFRICA'S LEADING PETROL & DIESEL PERFORMANCE ENHANCEMENT SPECIALISTS
SEARCH THE SAC SITE
ENQUIRIES HOME
   
ROADTESTS
SAC Nissan 3.3 V6
Magazine
Lang Asem!
SAC se ombouing van die Nissan 3.3 liter V6 sorg dat die Hardbody-bakkie veel beter asem skep - en die resultaat is beduidende beter verrigting en laer brandstof verbruik.
Patrick Gearing stel ondersoek in na die byna ongelooflike prestasie.
So, n werkesel is n werkesel, of hoe? en n enkel kajuit-handelsvoertuig roer mos nou nie eintlik die hartsnare nie,reg?
Dis nou tensy jy die tipe persoon is wat opgewonde raak oor die ingenieursbeginsels wat n ander halfton-werkesel in staat stel om n ton se vrag ook nog saam te dra.
Nou goed, ek is nie so n persoon nie.
En tog is n Nissan hardbody nie werklik die tipe voertuig wat ek hier bo beskryf het nie.
Die nuwe Hardbody het die Suid-Afrikaanse definisie van die woord "bakkie" tot nuwe hoogtes gevoer.
Nissan beskryf dit as n "wolf in wolfsklere" in sy reklameveldtog - en dis nie ver van die waarheid nie.
Die groot buite-afmetings en agressiewe stilering het kopers se verbeelding aangegryp, en die vier mededingende fabrikate in die mark het skielik besef hulle sal vinnig moet inhaal.
As daar boonop n Nissan V6-enjin onder die voorkap skuil, dan kan jy maar weet dat daar oorgenoeg oemf is - en veral in die geval van die nuwe 3.3 liter-eenheid.
In die standaard -enjin val die klem egter op buigsaamheid en massavervaardiging-beginsels, en soos alle massa-produksievoertuie is daar ruimte vir verdere doeltreffendheid met die hulp van individuele optimasering.
Dis waar Steves Auto Clinic (SAC) in die prentjie kom - met die ontwerp van n omboupakket om die gaping te vul.
En anders as konvensionele persepsies, gaan ombouings nie altyd oor laergemaakte veringpakette, allerlei namark-bakskorte, onpraktiese groot wielvellings en bande met i papierdun-profiel nie - om nie eens te te praat van betroubaarheid wat weens onverantwoordelike enjin-ombouings daarmee heen kan wees nie.
SAC se benadering tot motorombouings is die van optimalisering en verbeterde doeltreffendheid, en die maatskappy doen omvattende navorsing- en ontwikkelings werk om nie net meer krag te lewer nie, maar ook om die wrinkrag op presies die regte plekke te kry en om die brandstofverbruik te verlaag.
Dit klink dalk na n onbereikbare droom. Beter verrigting en laer verbruik? Is dit nie n teenstrydigheid nie?
Wel verrassend genoeg, die presie wat SAC vermag het.
SAC het n standaard-Nissan Hardbody 3.3i-enkelkajuit aangekoop om na te vors, en dit dadelik op n dinamometer staangemaak.
Die uitslag was n kragpiek van net minder as 84Kw teen 4400 r/min by die wiele, wat teen die rooilyn-toeremerk tot 70Kw gedaal het.
Aan die onderpunt van die toerestrek het die wrinkragkurwe goed gelyk.
Die maksimum wrinkraglewering van 386 Nm (by die wiele) is teen 3500 r/min gelewer, en die grootste deel daarvan is reeds vanaf die 2 500-merk uitgeskop.  
Die kombinasie van die twee faktore het egter beteken dat dit nie veel sin gemaak het om die Hardbody hoër as 400 r/min te druk nie - n faktor wat puik brandstofverbruik moes oplewer, maar waarvan die standaardmodel nie voldoen het nie.  
SAC se tegniese towenaars het aan die werk gespring om die elektroniese beheereenheid (ECU) te hertabeleer, met die hulp van n Unichip Abbarekenaarskyfie.
Die mees drastiese meganiese aanpassing was n nuwe profiel vir die nokasse, maar andersins was dit bloot n kwessie van die enjin se asemhaling te optimaliseer met die hulp van silinderkop-gas-vloeing, die aanbring van n paar verrigtinguitlaatspruistukke wat deur Wildcat ontwikkel is en die insit van n leadruk-vryvloei-uitlaatstelsel.
Ook is n verstelbare brandstofdrukreguleerder aangebring om verder tot die laer verbruik by te dra.
Terug op die dinamometer het die resultaat duidelik geblyk.
Die maksimum-kraglewering geskied nou nader aan die rooilyn, met die 117 Kw teen 5500 r/min wat n verbetering van 39% verteenwoordig en ook beter vrytoer-eienskappe in die hand werk.
En tog is die wrinkraglewering nie in die proses benadeel nie. Nou goed die wringpiek is nou 500 toere hoër, maar die lewering het met 16% verbeter.
En die belangrikste faktor is maksimum wringkrag nou vanaf sowat 2200 r/min al die pad tot by 5200 r/min beskikbaar is.
Die gevolg is n veel meer buigsame en bestuurbare voertuig, met n lekker gorrel-uitlaat-noot wat jou nie te min noiit oordonder nie.
Die enjin toer gladder boontoe wat vir ligter versnellr-insette sorg- en dis waar die groot rede vir brandstofekonomie lê.
Dis nie n reuse verbetering nie, maar nie te min beduidend. Al wat in die proses ingeboet is, is dat die enjin nou effens onrustig luier weens die veranderde nokasse.
Die ombouing soos ons dit getoets het, kos R11 500, maar doelontwerpe pakette kan bestel word om aan elke eienaar se behoeftes te voldoen.
Die werk word deur SAC se Why Worry Warranty waarborg van 6 maande of 20 000 Km gedek, en as die voertuig steed aan die oorspronklike aanborgperiode onderworpe is, sal SAC die waarborg oorneem vir alle meganiese werk wat hul uitgevoer het.
 Feite en Syfers: Nissan Hardbody 3.3 V6
Enjin Standaard Hardbody V6
SAC Hardbody V6
Krag
83.5 KW @ 4393 rpm
117.3 Kw @ 5488 rpm
Wrinkrag
386.1 Nm @ 3524 rpm
447.9 Nm @ 4093 rpm
Versnelling
0 - 60 km
4.78 sec
4.22 sec
0 - 80 km
8.17 sec
6.76 sec
0 - 100 km
12.32 sec
10.09 sec
0 - 120 km
19.27 sec
14.62 sec
0 - 400 m
18.25 sec
17.15 sec
Terminale spoed
118.1 km/h
126.5 km/h
0 - 1000 m
34.48 sec
32.04 sec
Terminale spoed
146.6 km/h
159.5 km/h
Verbysteek Versnelling
60 - 100 km/h
10.36 sec
10.36 sec
60 - 100 km/h
15.30 sec
15.07 sec
80 - 120 km/h
11.71 sec
10.80 sec
80 - 120 km/h
16.90 sec
16.59 sec
Topspoed
167.8 km/h
182.1 km/h
<< SAC ROADTESTS SAC CONVERSIONS >> POPULAR PETROL CONVERSIONS >> Conversions for New Releases! >>
Click Here to get an SAC consultant to advise you!
Click here for more about our conversions
Performance / power conversions, modifications, engine upgrades available for Alfa, Audi, BMW, Chev, Chrysler, Colt, Ford, Honda, Hyundai, Isuzu, Jeep, Kia, Mazda, Mercedes, Mini, Nissan, Opel, Toyota, VW and more...
 
 
WHAT'S NEW !
 
Automobile Association SAC "Why Worry Warranty"
RECOMMEND THIS WEBSITE
 
 
Performance / Power enhancement conversions
Petrol & Diesel conversions, modifications, engine upgrades available for:
Alfa, Audi, BMW, Chev, Chrysler, Colt, Ford, Honda, Hyundai, Isuzu, Jeep, Kia, Mazda, Mercedes, Mini, Nissan, Opel, Toyota, VW and more...
 
Sportflo Performance Air Filters Automotive performance accessories, components, replacement spare parts, aftermarket spares
 
 
CUSTOM
VALVES
If it’s a four stroke engine no matter what type, - bike, car, tractor, vintage even a truck, we can supply valves...... 
SAC Outlets service, repair and maintain most late model petrol and diesel bakkies and motor cars..
 
What is an Intercooler & How does it work?
 
What do the experts have to say?
LATEST ROADTEST
View the last roadtest added to the extensive list covered in the automotive press....
What do the experts have to say?
 
Tuning with unbeatable Technology
 
AIRFILTERS
Sportflo performance airfilters are available for most popular South African vehicles and the range is growing fast !
VIEW RANGE...
 
Performance Valves...
 
SAC branches countrywide
Send us your details by clicking here and we will contact you, either by phone or email.
Click Here ....... Click Here ....... Click Here
 
Click here to read more about the "Why Worry Warranty"
Top of Page AUTOMOTIVE Services SAC CONVERSIONS WHAT'S NEW About Us Resources Home
* All Test Figures displayed on this website were obtained at Highveld altitude. These figures may differ from vehicle to vehicle.
The power figures have been corrected back to flywheel power.
Copyright © Steves Auto Clinic
Steves Auto Clinic Privacy Policy
* All manufacturer's names, numbers, symbols & descriptions are for reference purposes only.
It is not implied that any part, conversion or modification is the product of these manufacturers.
 
 
Steves Auto Clinic are South Africa's leading performance tuners for motorcars, 4x4s, SUVs & bakkies
Automotive Performance Tuning | Petrol & Turbo Diesel Specialists | More Power
 
AUTOMOTIVE SERVICES
Service & Maintenance Performance Exhausts Dyna / Dyno Tuning Performance Airfilters Performance Shocks
· Choosing your Repair Shop
· SAC Workshops
· SAC Service Packages
· Preventative Maintenance
· Budgeting & Planning
· Engine Rebuilding
· Turbo Repairs / Replacement
· Gearbox Repairs
· Engine Protection Units
· Fuel Injector Refurbishing
· The Ultimate in Technology
· Exhaust Magic at SAC
· Catalytic Converters
· Wildcat Exhausts
· Exhaust Branch Catalogue
· Exhaust Gas Temperature
· What Temperature is Safe?
· What can affect the EGT?
· Guide to 4x4 - EGT
· Performance Measurement · Airfilter Design
· Sportflo Accessories
· Why foam is best
· Important useful information
· Airfilter Maintenance
· Available Airfilters
· Sportflo Warranty
· Cold Air Intake systems
· Koni Shock Absorbers
· Koni Off Road / 4x4 Shocks
· Koni Racing Research
Performance Valves Performance Brakes
· Refurbished Valves
· Replacement Valves
· Custom Valves
· Racing Valves
· Printout blank template
· Ferodo Brake Pads
· Ferodo Racing Brake Pads
· Racing Brake Fluid
· DSPF & DS2500 Disc-Rotors
SAC CONVERSIONS WHAT'S NEW!
Unichip Tuning Chip U-Connect - Plug 'n Play Cylinder Head Conversions Intercooler Systems
· What's New - Jeep
· What's New - Toyota
· What's New - Ford
· What's New - Volkswagen
· What's New - Land Rover
· What's New - Isuzu
· Tuning with Technology
· Uni Q Chip Features
· Unichip FAQ's
· Popular Unichip Conversions
· Power & Torque Gains
· Uni Q Chip Features
· Plug 'n Play FAQ's
· Popular Diesel Conversions
· Power & Torque Gains
· Gas Flowed Cylinder Heads
· Conversions for Enthusiasts
· Heads for Bikes & Quads
· Diesel Head Conversions
· SAC Power Strategy
· Performance Valves
· Popular Diesel Conversions
· Popular Petrol Conversions
· What is a Intercooler?
· The Intercooler & Reliability
· Intercooler Advantages
· Why a SAC fitment centre?
· Popular Diesel Conversions
· Power & Torque Gains
· Popular Conversions
ABOUT SAC ROAD TESTS CONTACT SAC
· SAC Evolution
· Firm Principles
· Road to Success
· Just follow the leaders
· Born To Perform
· SAC's Unique Benefits
· SAC's Mission
· Taking Hands
· SAC Franchises
· SAC Power Strategy
· Latest SAC Roadtest
· SAC Press Releases
· SAC News & Tips

· SAC News & Articles
· SAC Link Directory
· SAC Bloemfontein
· SAC Boksburg
· SAC Cape Town
· SAC Centurion
· SAC Durban
· SAC Midrand
· SAC Nelspruit
· SAC Port Elizabeth
· SAC Vanderbijlpark
Website Development & Promotion - Online Promotions & Graphix