 |
| ROADTESTS |
| SAC Toyota Hilux 3,0 KZ-TE Double Cab |
| SA Graan - Mei 2001 | | 'n Mens kan maklik vergeet jy is in 'n dieselbakkie teen 170 km/h | | Steve's Auto Clinic (SAC) specialiseer al jare in die optimalisering van turbo dieselvoertuie. | | Hul jongste projek was dié van Toyota se Hilux KZ-TE. | | Terwyl die KZ-TE van Toyota 'n groot verbetering is op die vorige 3.0 liter het die manne van SAC gevoel dat die KZ-TE steeds verbeter kon word. | |  | |
| Deur middel van 'n omvattende voertuigtoets (waartydens die temperatuur van die lug gemeet word wat ingeneem en weer deur die uitlaatstelsel uitgaan), is vasgestel dat die voertuig teen gewildige hoë temperature funksioneer. |
| Ondanks die feit dat die KZ-TE indrukwekkend funksioneer teen 'n lae spoed verander hierdie prentjie egter teen hoër snelhede. |
| Sodra die voertuig teen 'n hoër temperatuur funksioneer, neem brandstofverbruik toe en neem algehele doeltreffendheid af. |
| Dié verskynsel is algemeen en vind by beide petrol-sowel as dieselenjins plaas. |
| SAC het die probleem teen die agtergrond van hul bevindings benader en die volgende veranderinge aangebring. |
| Die eerste en belangrikste verandering is die installering van 'n tussenkoeler. |
| Die tussenkoeler verkoel die lug voordat dit by die turbo ingelaat word met die gevolg dat die KZ-TE teen veel laer temperature funksioneer. |
| Die installering van 'n tussenloeler kan die uitlaatgastemeratuur met bykans 'n 100° C verminder. |
 |
| Die installering van 'n tussenkoeler het die kraglewering mer 8 kW op die agterwiele verhoog. |
| 'n Opsionele "unichip" kan ook geïnstalleer word - wat die voertuig se kraglewering genoegsaam optimaliseer. |
| Die uiteinde van die optimalisering is 'n verdere verlaging in uitlaatgastemperatuur, goeie brandstofverbruik en 'n ± 20 % verhoging in kraglewering |
| Installasie van tussenkoeler |
| Die algemeenste plekke waar tussenkoelers geïnstalleer word, is bo-op die enjin of voer die verkoeler. |
| SAC het egter op iets heel anders besluit. |
| Die tussenkoeler is aan die onderkant van die enjin gemonteer en lê tussen die oliepan en die plaat wat die oliepan beskerm. |
| Die rede vir hierdie verandering was om die tussenkoeler nie naby die verkoeler of enige plek onder die enjinkap, waar hitte gegenereer word, te plaas nie. |
| Dié ietwat onkonvensionele plek om 'n tussenkoeler te installeer, is hoogs doeltreffend. |
| Daar is heelwat voordele verbonde aan die ligging van die tussenkoeler - wat nie nou bespreek gaan word nie. |
| Brandstofverbruik |
| Teen 3 000 o.p.m. in vyfde rat teen 138 km/u is 'n brandstofverbruiksyfer van 9.4 km/l en 11km/l teen 'n bestendige 120 km/u behaal. |
| Teen snelhede van 160 km/u was die brandstofverbruik steeds binne perke en 'n lesing van 8 km/l is behaal. |
| |
| Click Here to get an SAC consultant to advise you! |
| Click here for more about our conversions |
| Performance / power conversions, modifications, engine upgrades available for Alfa, Audi, BMW, Chev, Chrysler, Colt, Ford, Honda, Hyundai, Isuzu, Jeep, Kia, Mazda, Mercedes, Mini, Nissan, Opel, Toyota, VW and more... |
|