 |
| ROADTESTS |
| SAC Toyota Hilux 3,0 KZ-TE Double Cab |
 | Magazine - April 2001 | | | Woema Wa! | | Dieselbakkies is stadig, reg? | | Wel, as dit is wat jy dink, dan moet jy weer dink. | | Want die standaard - Toyota Hilux 3,0 KZ-TE het heel pitige verrigting. | | Maar nou bied Steves Auto Clinic 'n ombouing wat die bakkie van indrukwekkend kragtig na goeie genugtig kragtig verander. | | Waldo van der Waal het een gery. | |  | |
| Van buite lyk die SAC-Hilux nie veel verskillend van sy standaard- stalmaats nie. |
| Dit het dieselfde moderne lyne en aggressiwe stilering. |
| Om die waarheid te sê, as jy die silver SAC-voertuig neffens WIEL se eie silwer langtermyn-Hilux parkeer, sal jy fyn moet kyk om enige verskil raak te sien. |
| Dis natuurlik goeie nuus. |
| Want dit beteken die manne van SAC Diesel het reggekry wat hulle wou sonder om iets aan die sigbare bakwerk te verander. |
| Dit kos 'n skerp, geoefende oog om einige opsigtelike teken van hul werk op te merk, want dis netjies onder die oliebak versteek. |
| Wanneer SAC met 'n standaard - 3,0 KZ-TE - dieselenjin begin werk, lewerr dit sowat 69 kW op die agterwiele, en het dit 'n maksimum wringkragsyfer (ook by die wiele gemeet) van 225 Nm. |
| Dié syfers is uiters mededingend in die bakkie-mark. |
| Dis soortgelyk aan dié van die Colt 2,8 liter-turbodieselenjin, en baie naby aan dié van die magtige TD5 wat in die Land Rover Defender en Discovery gebruik word. |
| Maar vir die SAC-manne is dit nie genoeg nie. |
| Dus, Stap Een is om die standaard-beskermplaat vir die oliebak af te haal, en 'n tussenkoeler in dié se plek vas te bout. |
| Hein Lategan van SAC het dié stukkie wonderwerk self ontwerp, en die hele kontrêpsie word volgens die hoogste standaarde in SAC se werwinkel handgebou. |
| Die tussenkoeler is ongelooflik klein en plat, en pas maklik onder die enjin in sodat dit net laer sit as die ou beskermplaat. |
| 'n Nuwe staalplaat word dan geheg om dié toestel te beskerm, en in 'n rowwe veldry-sessie op Gerotek het ons gevind dié plaat is uiters taai. |
| Met die tussenkoeler in plek, is die Hilux se enjin sommer heelwat gelukkiger. |
| Die uitlaat-temperatuur val, bloot omdat die inlaat-temperatuur heelwat laer is, en natuurlik is daar 'n stewige kragtoename, dansky die digter lug wat die ontbrandingskamers ingepomp word. |
| Maar steeds is dit nie genoeg vir die SAC-lede nie. Stap Twee is om 'n rekenaarvlokkie by te voeg wat help om die enjin beter met die tussenkoeler te laat saamwerk. |
| Die vlokkie word ook gebruik vir enjinverstellings om beter brandstofvloei te bewerkstellig, wat vir nog beter verrigting, én petrolverbruik, sorg. |
| Nog 'n boel kleiner verstellings word gedoen, en ure word spandeer om die dieselpomp presies reg te stel. |
| Met alles in plek, word die voertuig op die dinamometer getoets om te verseker die ombouing is korrek gedoen, en ook om die vlokkie te fynstel. |
| Met dié toets het selfs die strengste SAC-manne geglimlag. |
| Die wringkrag-toename was byna 23 persent, en ook die kraglewering het goed gestyg. Interessant genoeg het die wringkragkurwe ook verander, en meer wrinrkrag was nou oor 'n groter toerestrek beskikbaar. |
| Die ou wringkragkurwe het by 2 500 r/min gepiek, maar met die enjin veranderinge was dié hoeveelheid wringkrag alreeds van 1 800 r/min tot by 3 400 r/min beskikbaar. |
| En die beste nuus is dat daarnog méér wringkrag beskikbaar is. |
| Nou wat beteken dit alles in verrigtingsterme? |
| Wel, die standaard-Hilux 3,0 KZ-TE 4x4-dubblekajuit Raider draf die versnellopievan stilstand tot 100 km/h in 13.2 s kaf. |
| Met die tussenkoeler, vlokkie en enjin stelling aan boord, blits die SAC-bakkie in 10.4 s verby 100 km/h - 'n verbetering van 21 persent! |
| Sy topspoed is ook hoër, en waar die standaard-bakkie 168 km/h op die pad bereik, behaal die omgeboude Hilux 179 km/h. |
| Die verbeterde verrigting beteken dat jy 'n kliener versnaller-opening sal gebruik om dieselfde snelheid as vroeër te behaal, en dit sorg vir beter dieselverbruik. |
| Maar hoewel die syfers die verhaal vertel, was dit 'n kortstondige bestuursondervinding in die bakkie wat ons dolverliek daarop gemaak het. |
| Op die snelweg was dit nooit nodig om 'n hoër rat te soek wanneer jy bulte klim of wil verbysteek nie, en in die stad het die bakkie ander motoriste met sy krag verras. |
| Verbeel jou, 'n tweeton-bakkie wat vinniger uit dieblokke is as 'n semi-blitsbuks! |
| In veldry-toestande werk die ombouing net so goed, want die groter wringkrag wat laer in die strek beskikbaar is, maak dit moontlik om nog stadiger oor versperrinhs te beweeg. |
| Wat ons betref, is die Hilux beslis 'n beter voertuig nadat die SAC-manne dit onder hande gehad het. |
| Dit trek beter, gebruik minder brandstof, en is makliker om te bestuur. |
| En ons meen dis net 'n kwesie van tyd voordat Toyota SA dié stelsel, of 'n soortgelyke een, as fabrieksopsie op die KZ-TE sal pas. |
| |
| Click Here to get an SAC consultant to advise you! |
| Click here for more about our conversions |
| Performance / power conversions, modifications, engine upgrades available for Alfa, Audi, BMW, Chev, Chrysler, Colt, Ford, Honda, Hyundai, Isuzu, Jeep, Kia, Mazda, Mercedes, Mini, Nissan, Opel, Toyota, VW and more... |
|