 | | | |  | | ROADTESTS | | SAC VolksWagen Golf TDi Conversion |  | Magazine | | | - Doring van n diesel - | | Dis nie aldag dat ons n motor beoordeel met meer as 107 700 km op die afstandmeter nie. | | Teen sulke kilo's kan mens sien of die afwerking en bougehalte die toets van tyd deurstaan het. | | As die voertuig boonop deur n klomp tegnici as maatskappy motor gebruik word, vermoed jy sommer by voorbaat dat die kleppe al loslit aan die nokasse hang. | | SAC se aangepaste Golf TDi het egter vir n aangename verassing gesorg | |  | | | Mens kan 'n werkswinkel oordeel aan die toestand van sy maatskappyvoertuie, en met Steve's Auto Clinic (SAC) se Golf TDI in aanskoue, kan jy gerus jou voertuig aan hulle toevertrou, en sommer jou dogter s'n ook. | | Met 107 711 km op die klok, is die Golf TDI se leersitplekke net lekker ingesit. | | Die knoppe is wel al effens losser as die styf-nuwe Volkswagen wat ons net voor die Golf getoets het, maar die kajuit is skoon en gepoets, ditto die enjin. | | Op die buffer en neus is die enkele klip merkies met die vervaardiger se stop verf ingevul. | | Sulke deurdagte aandag aan detail is een van die beginsels wat SAC oor die jare 'n huishoudlike naam in Suid Afrika gemaak het. | Die ander beginsels is voortdurende vernuwing. SAC het juis die Golf TDI aangekoop om die jongste enjinbeheerskywe te toets. | | Soos die artikel hierna verduidelik, is eenvoudige inprop-enjinbeheerskywe die maklikste manier om 'n elektroniesbeheerde voertuig se verrigting te optimaliseer. | | In Engels word dit "mapping" genoem, en die proses behels die driedemensionele instelling van al die fasette in 'n voertuig se lug- en brandstofinlaat, ontbranding en selfs die uitlaatgas se temperatuur. | |  | | Pierre Furter van SAC Diesel verduidelik hoe die inprop stelsel werk. n Toestel wat die Golf TDi sommer heelwat meer woema gegee het. | | | | Beter verrigting en 'n laer dieselverbruik is uiteraard die hoof-voordele, maar anders as die meeste enjin-ombouers, bied SAC 'n tweede voordeel - hul Dastek-beheerskywe beskerm ook die motor teen interne gevaar situasies. | | Sou die enjin byvoorbeeld oorverhit, sal die Dastek-beheerskywe outomaties regstellende stappe neem om die temperatuur binne perke te hou. | | Vir die meeste eienaars van 'n VW Golf TDI is daar egter net twee vrae wat beantwoord moet word: Sal SAC se Dastek-skyf 'n voertuig vinniger laat ry, en sal dit minder brandstof gebruik? | | Pierre Furter, ontwikkelingsingenieur by SAC se Diesel-tak in Midrand, sê dat 'n voertuig wel merkbaar minder brandstof sal gebruik met 'n Dastek-beheerskyf daarop aangebring - mits mens teen dieselfde spoed sou ry as voor die installering. | | Hy voeg egter by dat die selfdissipline by die meeste mense ontbreek om "stading" te ry in 'n voertuig wat skielik 20% meer sleepkrag het. | Hy is reg. In die SAC golf TDI geklim, berei ons onsself stilweg voor vir tipiese turbo-traagheid en 'n gepoer -poer teen lae enjintoere. | | Ha! Dis nou wel nie die stukrag van die nuwe 132 kW-Jetta nie, maar daar is duidelik iets ekstra onder diè 92 kW-Golf se enjinkap! | | Ons het besluit om die Golf met maksimum-ekonomie te ry, volgens die tegnieke wat ons op die Total-Besparingsrit sou toepas. | | | VW Golf 1.9 TDi Wrinkrag |  | | KRAG |  | 236 Nm - Standard 284 Nm - Datek Power Plug | | | | Alle tekens van turbo-traagheid is is feitlik heeltemal uitgeskakel, en al die wringkrag is reeds vanaf 2 000 tot 3 000 r/min beskikbaar. | | Dus geskied al die ratwisseling teen redelike lae toere, en eerder as om terug te skakel, het ons rustig in vyfde bult-uit gery. | | | Dis natuurlik die litmus-toets vir wringkrag - om in 'n lang rat genoeg wringkrag oor te hê om teen 'n steilte jou spoed te kan handhaaf, of selfs te laat toeneem. | | Met 284 Nm wringkrag hèt die Golf sulke krag, en na ons mening sal diè motor heel skaflik ook as 'n sleepvoertuig diens kan doen - soos wat die sleepstang op sy agterstewe getuig. | | As 'n mens wel dissipline aan die dag lê en rustig ry, is die verhoogde kraglewering - ironies genoeg - duidelik merkbaar in die laer brandstofverbruik. | |  | | | Met die Dastek-skyf wat meer krag beskikbaar stel om minder te doen is die motor baie ligter op diesel - tot 1,4 liter/100 km minder, afhangende van die verkeerspatroon en jou gemiddelde spoed. | | As jy egter voet in die hoek wil ry, gaan die Golf egter meer diesel drink. | | Onthou, weerstand neem ekspotensieel tot die spoed toe, wat die verbruiksgrafiek styl na bo laat kurf. | Hy is reg. In die SAC golf TDI geklim, berei ons onsself stilweg voor vir tipiese turbo-traagheid en 'n gepoer -poer teen lae enjintoere. | | Ha! Dis nou wel nie die stukrag van die nuwe 132 kW-Jetta nie, maar daar is duidelik iets ekstra onder diè 92 kW-Golf se enjinkap! | | Alle tekens van turbo-traagheid is is feitlik heeltemal uitgeskakel, en al die wringkrag is reeds vanaf 2 000 tot 3 000 r/min beskikbaar. | | Ons het besluit om die Golf met maksimum-ekonomie te ry, volgens die tegnieke wat ons op die Total-Besparingsrit sou toepas. | | Dus geskied al die ratwisseling teen redelike lae toere, en eerder as om terug te skakel, het ons rustig in vyfde bult-uit gery. | | Dis natuurlik die litmus-toets vir wringkrag - om in 'n lang rat genoeg wringkrag oor te hê om teen 'n steilte jou spoed te kan handhaaf, of selfs te laat toeneem. | | Met 284 Nm wringkrag hèt die Golf sulke krag, en na ons mening sal diè motor heel skaflik ook as 'n sleepvoertuig diens kan doen - soos wat die sleepstang op sy agterstewe getuig. | | As 'n mens wel dissipline aan die dag lê en rustig ry, is die verhoogde kraglewering - ironies genoeg - duidelik merkbaar in die laer brandstofverbruik. | | Met die Dastek-skyf wat meer krag beskikbaar stel om minder te doen is die motor baie ligter op diesel - tot 1,4 liter/100 km minder, afhangende van die verkeerspatroon en jou gemiddelde spoed. | | As jy egter voet in die hoek wil ry, gaan die Golf egter meer diesel drink. | | Onthou, weerstand neem ekspotensieel tot die spoed toe, wat die verbruiksgrafiek styl na bo laat kurf. | | | | Click Here to get an SAC consultant to advise you! | | Click here for more about our conversions | | Performance / power conversions, modifications, engine upgrades available for Alfa, Audi, BMW, Chev, Chrysler, Colt, Ford, Honda, Hyundai, Isuzu, Jeep, Kia, Mazda, Mercedes, Mini, Nissan, Opel, Toyota, VW and more... | | | | | | | | | | | | | | | |  | Performance / Power enhancement conversions | | Petrol & Diesel conversions, modifications, engine upgrades available for: | | Alfa, Audi, BMW, Chev, Chrysler, Colt, Ford, Honda, Hyundai, Isuzu, Jeep, Kia, Mazda, Mercedes, Mini, Nissan, Opel, Toyota, VW and more... | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |