 |
| ROADTESTS |
| SAC BMW 330d |
 | Januarie 2003 | | | Bom van 'n Bee-Em! | | Slim elektroniese towerkuns het van 'n BMW 330d 'n spoedvraat gemaak wat 'n M3 laat les opse - in elk geval wat versnelling betref. | | Patrick Gearing het gaan loer hoe SAC dit reggekry het. | | Die era van die dieselenjin is met ons. | | Nou goed, dit het SuId-Afrikaanse motorkopers dalk so n rukkie langer as hul eweknieë in Europa geneem om aan die neiging gëwoond te raak - ons toestande is immers heelwat anders as die beknopte stede en nou paadjies in Europa. | |  | |
| En dan praat ons nie eers van die swakker gehalte van ons dieselbrandstof nie - die rede waarom ons soveel langer as die res van die wêretd vir topklas-dieselmotors moet wag, of dikwels met 'n korter dienstussenpose moet saamleef. |
| Die gaping tussen die petrol- en dieselweergawes in dieselfde motorreeks was egter nog nooit so klein soos nou nie. | | Wat prys betref, is vergelykbare modelle al hoe meer op dleselfde vlak. | | Op verrigtingsgebied is die dieselweergawes dikwels meer buigsaam en bestuurbaar as hul petrol-stalmaats, en wat ekonomie betref, is dit seker net 'n waterstof hibriedemotor wat laer vei-bruiksyfers sal oplewer. | |  | |
| BMW is aan die voorpunt van moderne dieseltegnologie en het die eerste SA Motor van die Jaar-titel vir 'n dieseI~passasiersmotor met die 320d verower. |
| Dus kan jy jou indink hoe imponerend die 330d-model is. |
| Dis merkwaardig dat die 330d binnekort selfs nog beter gaan word. n Paar maande gelede het ek die V8-weergawe asook die 730d-model in BMW se 7-Reeks getoetsbestuur. |
| Tans lewer die 330d 135 kW krag en 390 Nm wringkrag. |
| Die opgegradeerde weergawe van dieselfde enjin in die 7-Reeks wek 160 kW en 500 Nm op - en die enjin sal binnekort sy verskyning in die 3-Reeks maak. | | Alternatiewelik. is daar altyd die SAC-opsie.En as daar 'n turboaanjaer by betrokke is, kan jy maar weet dat Steve's Auto Clinic hul towerstaf deeglik onder die enjinkap geswaai het. | | Ook is die motor geen onbetroubare, oordrewe, onverfynde renmotor vir die pad nie. | |  | |
SAC het BMW se reeds uitstekende ingenieurswerk bloot verder geoptimatiseer deur die enjinbeheerstelsel van nuuts af in te stel met die huip van 'n abba-rekenaarskyfie. |
| In die proses is ons toetsmotor se kraglewering tot 165 kW verhoog, terwyl die maksimum-wringkraglewering nou bokant die 500 Nm merk lê. |
| Dit is dus nie soseer 'n ombouing nie, maar wel 'n proses van optimalisering. |
| Die motor se verrigting is indrukwekkend. Boonop sal SAC gewis 'n soortgelyke optimatiseringspakket vir die nuwe weergawe ontwikkel, wat die wenkbroue nog verder in die mark vir diesel-sportsedans sal laat lig. |
| Hoewel ons nog nie 'n 330d-handratmodel getoets het nie, het ons die syfers van die Steptronic-weergawe hier ingestuit om 'n grondslag vir vergelyking to skep. |
| Die vérbetering is beduidend -selfs al word die SAC-motor se handratkas in berekening gebring. |
| En as die blote versnelling nie al imponerend genoeg is nie, dan sal die buigsaarnheid jou uitboul. |
| Hou in gedagte dat 'n M3 net 6,07 s benodig om die verbysteek-lopie van 60 tot 100 km/h in derde rat uit te voer, en 5,79 s van 80 tot 120 km/h in vierde. |
| Hou ook in gedagte dat die M3 se sesgang-ratkas oor korter ratverhoudings vir derde en vierde ratte as die 330d se vyfgang-eenheid beskik. |
| En dan sal jou asem weggeslaan word deur die SAC weergawe se syfers van onderskeidelik 4,49 s en 5,95 a vir dieselfde lopies! |
| Met 'n suinige verbruik van net 8,2 liter/100 km tydens ons toetsperiode (die verrigtlngstoetse ingesluit) is die Bee-Em in staat om in net 7,3 a van 0 tot 100 km/h to versnel. |
| Dit haal 'n topspoed van 230 km/h - 'n syfer wat deur die ratverhoudings in toom gehou word. |
| Jou Motorplan-voordele verval egter as jy die SAC-aanpassing op jou 330d laat uitvoer. |
| SAC neem dit egter oor en dek alle meganiese werk wat hulle uitgevoer het, en boonop word die motor ná die aanpassingswerk deur SAC se eie Why Worry-Waarborg gedek. |
| Die SAC-BMW se agterwiele gee 'n tolslag toe ek geesdriftig nóg 'n keer wegtrek. |
| Die (G-kragte druk my in die sitpiek vas. Genugtig, om te dink dis n diesel. |
| 'n Kern-kenmerk van die SAC-aangepaste 330d is dat daar geen meganiese ombouing is nie. |
| Die bykomende krag en wringkrag word uitsluitik deur elektroniese tegnieke in die hand gewerk, en gevolglik is die koste van die pakket relatief Iaag, terwyl die motor geen van sy betroubaarheid en verfyndheid inboet nb. |
| Soos gétoets, kos die aanpassing R4 995 (BTW ingesluit). |
| Tog is SAC nie 'n maatskappy wat maklik op sy louere rus nie, en die navorsing- en ontwikkelingswerk duur voort. |
| n Tussenkoeler wat meer doeltreffend as die standaard-weergawe is, word tans ontwikkel - een wat volgens SAC net so betroubaar sal wees. |
| |
| Click Here to get an SAC consultant to advise you! |
| Click here for more about our conversions |
| Performance / power conversions, modifications, engine upgrades available for Alfa, Audi, BMW, Chev, Chrysler, Colt, Ford, Honda, Hyundai, Isuzu, Jeep, Kia, Mazda, Mercedes, Mini, Nissan, Opel, Toyota, VW and more... |