SOUTH AFRICA'S LEADING PETROL & DIESEL PERFORMANCE ENHANCEMENT SPECIALISTS
SEARCH THE SAC SITE
ENQUIRIES HOME
   
ROADTESTS
Magazine
Double Cab Bakkie Shootout
 

Toyota Hilux 3,0 D Raider

Toyota se Hilux-bakkie het oor die jare heen die maatstaf geword waaraan ander vervaardigers hul bakkies meet, en dié reeks se verkopesyfers staaf sy posisie binne die Suid-Afrikaanse motorbedryf, want dit het al 'n hele paar keer gebeur dat die Hilux SA se topverkopervoertuig is, passasiers motor verkope ingesluit.
Met sy nuwe Hilux, wat einde verlede jaar bekend gestel is, het Toyota sy segetog in die eenton-bakkiemark voortgesit, want die nuweling se evolusionêre, dog moderne stilering, met 'n sterk, stewige voorkoms, gekoppel aan sy legendariese betroubaarheid, het hom onmiddelik gewild gemaak.
Die Raider lyk nog meer doelgerig met sy stewige bosbreker, rolstaaf, agterste staalbuffer met sleepstang, die hoogste grondvryhoogte van almal, en staalwiele wat net so goed soos die ander se allooiwiele vertoon.
Dit het ook die ruimste kajuit van al die mededingers in ons toets, en die in- en uitklim agter is die beste.
Double Cab Bakkie Shootout
Ford Ranger Hi-Trail 
Isuzu KB 280 DT LX 
Colt 2,8 TD Pioneer
Nissan Hardebak 3,2 SE
Iets moes egter ingeboet word om plek vir die groter kajuit plek te skep, en dit beteken dat die nuwe Hilux die kleinste laaibak in dié uitkloptoets is.
Tog meen ons dit behoort nie werklik teen hom te tel nie, want dit dui daarop dat Toyota besef het dubbelkajuite word deesdae meer as ontspannings- en passasiersvoertuie aangewend, en dat binneruimte dus belangriker as laaiplek is.
Binne is die instrumentepaneel netjies en gebruikersvriendelik uitgelê, en lugversorging, elektriesbeheerde ruite, 'n radio/bandspeler met vier luidsprekers, 'n kragversterkte stuur en doekstofbedekte sitplekke, wat heelwat gemakliker as dié in sy voorganger is, as standaard.
En sy goeie ruimte maak die Raider 'n lekker voertuig om mee saam te lewe.
Maar waarom Toyota besluit het om dié weergawe met 'n normaal-geaspireerde drieliter-enjin, in wese 'n ontwikkeling van die 2,8 liter-enjin wat in die vorige model diens gedoen het, toe te rus, gaan ons verstand te bowe.
Want dié enjin, met sy pieperige 67 kW krag teen 4 000 r/min en skamele 192 Nm wringkrag teen 2 400 r/min, kry lelik pak in dié bakkiegroep.
'n Mens sou gedink het Toyota het sy les met sy 2,8 sonder turboaanjaer geleer, maar dit is klaarblyklik nie die geval nie.
Dit het meer as 'n halfminuut geduur - 30,7 s, om presies te wees - vir die pap enjin om die Hilux tot 100 km/h te laat swoeg, en ons moes on remafstande aan die einde van so 'n versnellopie goed skat, want daar was nie veel meer van Gerotek se meer as 'n km-lange versnelbaan oor nie.
Ook sy versnelling van 60 tot100 km/h was power, met 'n tyd van 19,8 s, en om van 80 tot 120 km/h te versnel, het ook meer as 'n halfminuut geduur (32,8 s) - en dit maak verbysteek in die Hilux 'n nagmerrie, om nie eens te praat van hoe dit sukkel-sukkel die bulte opkruie nie.
Eienaars van 'n 3000D sal egter bitter min spoedboetes kry, want sy topspoed van 133,5 km/h is skaars genoeg om 'n mens op die oop pad in die moeilikheid te kry...
Soos een spanlid dit gestel het: "Met dié bakkie vlieg die muggies teen die agterruit vas."
Dié soort verrigting is 'n erge kniehalter vir 'n andersins puik bakkie, want behalwe sy ruim binnekant, is sy ritgerief goed, danksy die nuwe onafhanklike veringstelsel voor, en sy hantering heetemal aanvaarbaar vir so 'n hoë voertuig.
In die veld loop dié hoogtrapper net so lekker, maar sy vertrekhoek word erg beperk deur die agterbuffer met sy ingeboude sleepstang.
Die trap bo-op die sleepstang is egter die gerieflikste as 'n mens op die bak wil klim.
Aluminium-kanttrappe is standaard, en strek die hele lengte van die voertuig se kajuit.
Hoewel dié trappe die voordeel bied dat geen modder daarop te lande kan kom nie, is hulle nogal kwesbaar as 'n mens oor 'n hindernis ry.
Waar al die bakkies van mikvering met wringstawe voor gebruik maak, is die Hilux die enigste in die groep met 'n wringstaaf aan die boonste mik gekoppel. Dit maak die staaf minder kwesbaar en verbeter sy grondvryhoogte.
Dat die Hilux is goeie bakkie is, is gewis, maar sy enjin laat hom heeltemal in die steek, en laat 'n mens wonder oor die R 166 105 wat jy vir hom moet uithaal.
Tog is daar ook goeie nuus, want dit lyk of Toyota van plan is om die pap gewone dieselenjin te vervang met die 3,0 liter-turbodieselenjin van die Prado.
En ons meen só 'n verandering kan die Toyota weer bo-aan die lys plaas.
Verrigting
0-100 km/h: - 35,7 s, Topspoed: - 133,5 km/h, 100-0 km/h: - 3,5 s, Verbruik: - 10,08 liter/100 km, Prys: - R166,105
<< Double Cab Bakkie Shootout << Ford Ranger << Isuzu Kb-280 << Colt 2,8-TD << Nissan 3,2
<< SAC ROADTESTS SAC CONVERSIONS >> POPULAR DIESEL CONVERSIONS >> Conversions for New Releases! >>
Click Here to get an SAC consultant to advise you!
Click here for more about our conversions
Performance / power conversions, modifications, engine upgrades available for Alfa, Audi, BMW, Chev, Chrysler, Colt, Ford, Honda, Hyundai, Isuzu, Jeep, Kia, Mazda, Mercedes, Mini, Nissan, Opel, Toyota, VW and more...
 
 
WHAT'S NEW !
 
Automobile Association SAC "Why Worry Warranty"
RECOMMEND THIS WEBSITE
 
 
Performance / Power enhancement conversions
Petrol & Diesel conversions, modifications, engine upgrades available for:
Alfa, Audi, BMW, Chev, Chrysler, Colt, Ford, Honda, Hyundai, Isuzu, Jeep, Kia, Mazda, Mercedes, Mini, Nissan, Opel, Toyota, VW and more...
 
Advantages of fitting an Intercooler
 
Sportflo Performance Air Filters Automotive performance accessories, components, replacement spare parts, aftermarket spares
 
What is an Intercooler & How does it work?
 
Tuning with unbeatable Technology
 
Performance Valves...
 
SAC branches countrywide
Send us your details by clicking here and we will contact you, either by phone or email.
Click Here ....... Click Here ....... Click Here
 
Click here to read more about the "Why Worry Warranty"
Top of Page AUTOMOTIVE Services SAC CONVERSIONS WHAT'S NEW About Us Resources Home
* All Test Figures displayed on this website were obtained at Highveld altitude. These figures may differ from vehicle to vehicle.
The power figures have been corrected back to flywheel power.
Copyright © Steves Auto Clinic
Steves Auto Clinic Privacy Policy
* All manufacturer's names, numbers, symbols & descriptions are for reference purposes only.
It is not implied that any part, conversion or modification is the product of these manufacturers.
 
 
Steves Auto Clinic are South Africa's leading performance tuners for motorcars, 4x4s, SUVs & bakkies
Automotive Performance Tuning | Petrol & Turbo Diesel Specialists | More Power
 
AUTOMOTIVE SERVICES
Service & Maintenance Performance Exhausts Dyna / Dyno Tuning Performance Airfilters Performance Shocks
· Choosing your Repair Shop
· SAC Workshops
· SAC Service Packages
· Preventative Maintenance
· Budgeting & Planning
· Engine Rebuilding
· Turbo Repairs / Replacement
· Gearbox Repairs
· Engine Protection Units
· Fuel Injector Refurbishing
· The Ultimate in Technology
· Exhaust Magic at SAC
· Catalytic Converters
· Wildcat Exhausts
· Exhaust Branch Catalogue
· Exhaust Gas Temperature
· What Temperature is Safe?
· What can affect the EGT?
· Guide to 4x4 - EGT
· Performance Measurement · Airfilter Design
· Sportflo Accessories
· Why foam is best
· Important useful information
· Airfilter Maintenance
· Available Airfilters
· Sportflo Warranty
· Cold Air Intake systems
· Koni Shock Absorbers
· Koni Off Road / 4x4 Shocks
· Koni Racing Research
Performance Valves Performance Brakes
· Refurbished Valves
· Replacement Valves
· Custom Valves
· Racing Valves
· Printout blank template
· Ferodo Brake Pads
· Ferodo Racing Brake Pads
· Racing Brake Fluid
· DSPF & DS2500 Disc-Rotors
SAC CONVERSIONS WHAT'S NEW!
Unichip Tuning Chip U-Connect - Plug 'n Play Cylinder Head Conversions Intercooler Systems
· What's New - Jeep
· What's New - Toyota
· What's New - Ford
· What's New - Volkswagen
· What's New - Land Rover
· What's New - Isuzu
· Tuning with Technology
· Uni Q Chip Features
· Unichip FAQ's
· Popular Unichip Conversions
· Power & Torque Gains
· Uni Q Chip Features
· Plug 'n Play FAQ's
· Popular Diesel Conversions
· Power & Torque Gains
· Gas Flowed Cylinder Heads
· Conversions for Enthusiasts
· Heads for Bikes & Quads
· Diesel Head Conversions
· SAC Power Strategy
· Performance Valves
· Popular Diesel Conversions
· Popular Petrol Conversions
· What is a Intercooler?
· The Intercooler & Reliability
· Intercooler Advantages
· Why a SAC fitment centre?
· Popular Diesel Conversions
· Power & Torque Gains
· Popular Conversions
ABOUT SAC ROAD TESTS CONTACT SAC
· SAC Evolution
· Firm Principles
· Road to Success
· Just follow the leaders
· Born To Perform
· SAC's Unique Benefits
· SAC's Mission
· Taking Hands
· SAC Franchises
· SAC Power Strategy
· Latest SAC Roadtest
· SAC Press Releases
· SAC News & Tips

· SAC News & Articles
· SAC Link Directory
· SAC Bloemfontein
· SAC Boksburg
· SAC Cape Town
· SAC Centurion
· SAC Durban
· SAC Midrand
· SAC Nelspruit
· SAC Port Elizabeth
· SAC Vanderbijlpark
Website Development & Promotion - Online Promotions & Graphix