| Steve's Auto Clinic (SAC) se warm CitiGolf wat van 'n 1,4 liter-weergawe na 'n blitsige, wring-kragtige tweeliter omgebou is. Die motor kry ook 'n veringpakket en verrigting uitlaatstelsel, terwyl die enjinbeheerstelsel ook getoor is. Ekstra 30 KW uit die Chico getap |
| Dit is 'n ryding wat die "hooligan" in 'n mens wakker maak, dié Volkswagen CitiGolf Chico wat van 'n 1,4 na 'n 2 liter gegroei het, en wat ná SAC se steroïede 92 kW krag teen 5 100 r/min. lewer teenoor die gewone Chico se 62 kW teen 5 500 r/min. |
Volgens Stephen Fischer, besturende direkteur van Steve's Auto Clinic (SAC), kon hulle nog 20 kW uit die Golf se enjin getap het deur ondermeer die silinderkop te vloei en 'n wilde nokas te gebruik, maar dit sou die betroubaarheid en langdurigheid van die enjin moontlik in gevaar gestel het. |
Daarom is bloot die verplasingsinhoud van die silinders van 1 400cc na 2 000cc vegroot, die inlaatkleppe is groter gemaak en 'n standaard "G" Nokas van Volkswagen is gebruik. Voorts word 'n standaard koppelaar van 210 cm gebruik en dieselfde konstante sneheidskoppelings as wat 'n mens in die 1,8 Polo en ander Golfs aantref. |
Die agterste gedeelte van die uitlaatstelsel is verander. SAC het ook die enjinbeheerstelsel se blikbrein aangepas omdat meer petrol ingespuit moet word. Aan die veerstelsel is stywer kronkelvere aangebring - iets wat jy op die pad kan voel en sy hantering verbeter, maar wat ook die motor hard laat ry. |
Volgens Fischer kan 'n pakket ook na gelang van 'n klant se behoeftes aanmekaargeslaan word. |
'n Mens kan egter ook nie help om op te let op hoe die CitiGolf se jare wys nie, en wanner jy daardie tweeliterenjin se lepel trap, moet jy vinnig die stuurwiel sonder kragstuur swaai wanner die groter klomp wringkrag hul werk doen. |
Twee van Motor-Beeld se kollegas wat gereeld 'n rybeurt kry in al wat 'n vuurwa is, het die afgelope week die weelde-ervarings eenkant toe geskuif en vir 'n paar kilometer agter die stuur ingeklim van stellig die opwindendste CitiGolf in Gauteng, 'n 1,4 liter-weergawe wat deur Steve's Auto Clinic van Vanderbijlpark tot 'n vuurvretende tweeliter met sportvering omgebou is. Elkeen van ns het 'n ietsie te sê oor die drie mees uitstaande aspekte van die motortjie - sy kraglewering en sportiewe gedrag, sy uitmuntende werkverrigting met die klem op wringkrag en rybaarheid, en sy suinige petrolverbruik in harde ry-omstandighede. |
| Steve's Auto Clinic (SAC) se warm CitiGolf wat van 'n 1,4 liter-weergawe na 'n blitsige, wring-kragtige tweeliter omgebou is. Die motor kry ook 'n veringpakket en verrigtinguitlaatstelsel, terwyl die enjinbeheerstelsel ook getoor is. Allemintige Wrinkrag heel Imponerend ... |
| |
|